HEIDELBERG NUUS - Hoërskool Heidelberg se jaarlikse kleure-atletiek het verskeie topvertonings opgelewer met, onder andere vier nuwe rekords wat opgestel is.
Die Rooispan het met die Geesbeker weggestap terwyl die Blouspan die Puntebeker ingepalm het.
Die Rooispan, wenners van die Geesbeker.
Hoërskool Heidelberg se rekordbrekers is agter: JP Esau (o.19-gewigstoot en diskus). Voor Raywin Links (in die 100 m vir o.12's) en Montell Vryman (100 m vir o.14).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'