STILBAAI NUUS - Indien jy Saterdag 9 Augustus 'n klomp voertuie by die Stilbaai dorpsveld sien moet jy nie wonder wat daar aangaan nie.
Laerskool Bertie Barnard hou hulle gewilde wintersportdag en skole van oraloor gaan deelneem.
Maak gerus 'n draai, veral as jy lief is vir laerskool sport, en geniet die oggend saam met hulle.
Rugby- en netbalspanne van die ou heel kleintjies tot by onder-dertien gaan dit uitspook en dit beloof om 'n heerlike dag van samesyn en kompetisie te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’