STILBAAI NUUS - Met al die vakansiegangers in Stilbaai is die hawe al vroegoggend 'n miernes van bedrywighede.
Heelwat vissersbote is al voor sonop oppad na waar hulle dink die vis loop.
'n Aanhoudende string voertuie sleep bote hawe toe en dan begin daar 'n ry vorm voor die sleephelling.
Een na die ander glip hulle die water in en dan is hulle weg.
Teen die tyd wat die son opkom is Leon al druk besig om koffie te verskaf uit Miek se Resdurandt, die kostrok op die hawe.
Oral staan mense rond en gesels en 'n paar dapperes glip met kajakke en visstokke die water in.
Dit is vakansie in Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’