STILBAAI NUUS - Die ses strande van Hessequa het weereens almal Blouvlag status gekry.
Hessequa Munisipaliteit is die enigste munisipaliteit in Suid-Afrika wat Blouvlag status het vir al sy strande.
Blouvlag status beteken dat strande skoon en veilig is en aan internasionale veiligheid- en toerisme standaarde voldoen.
Vakansiegangers kan dus uitsien daarna om in Stilbaai by Lappiesbaai, Stilbaai-Wes en Preekstoel te swem. Dan is daar ook Witsand, Jongensfontein en Gouritsmond.
Stilbaai het hierdie gesogte toekenning noual vir die afgelope 18 jaar gekry en daarom was dit gepas dat die ses strande se sertifikate Dinsdag 5 Desember op Lappiesbaai oorhandig is aan die Uitvoerende Burgermeester van Hessequa Munisipaliteit, Mnr Grant Riddles.
Mnr Riddles het daarna die Blouvlag van Lappiesbaai gehys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’