“Met die uitsondering van een vergelykende wyk, het die DA se steun in elkeen gedaal en die ANC gestyg. Die VF+ het gestyg van 0% tot amper 5%. Daar is verskeie redes hiervoor en dit lê nie in die groter prentjie nie - dit is hier plaaslik. Inteendeel, die groter prentjie lyk baie goed vir die DA."
Volgens Botha is die DA tans op nasionale vlak in gesprek met Pieter Mulder van die VF+ om 'n koalisie in plek te kry. "Ek is gevra om as fasiliteerder op te tree vir dié proses. Ek is nie VF+ nie. Ek is en sal altyd 'n stoere DA-lid en ondersteuner bly."
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.