Janneman het beswyk aan ernstige kopbeserings. Sy linkerbeen sou ook geamputeer moes word, nadat hy met sy Big Boy 250cc motorfiets onder ‘n trok beland het net voor 23:00 Vrydagaand.
Sy ma, Debbie, het Dinsdag in ‘n emosionele onderhoud met die Observer gesê dat sy vriend, Desmond Pfahl, wat saam hom op die motorfiets was, met ernstige breinbeserings in die Middelburg Hospitaal opgeneem is.
“Soos ons verstaan, verkeer Desmond steeds onder die indruk dat Janneman hom van die motorfiets afgestamp het om vir hom weg te jaag, maar hy’t hom bloot probeer red,” sê Janneman se ma, Debbie.