GEORGE NUUS - 26 Mense is beseer toe 'n vragmotor met sowat 70 mense agterop gisteraand (Woensdag 18 Oktober) met 'n Volkswagen-nutsvoertuig buite George gebots het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie het die Volkswagen uit die rigting van die Redberry-aarbeiplaas gekom en die vragmotor in die teenoorgestelde rigting.
Die son het die bestuurder van die Volkswagen verblind waarna sy in die teenoorgestelde baan beland het.
Die vragmotorbestuurder het die ongeluk probeer vermy, maar die voertuie het mekaar op die sy getref.