MOTOR NUUS - Later sonsondergange en skerp oggendlig wys op die koms van die winter. Met dié veranderinge kan ons ook verskillende bestuurstoestande verwag.
Die besturende direkteur van MasterDrive, Eugene Herbert, gee 'n paar wenke oor hoe om aan te pas om hierdie veranderinge te hanteer.
Onthou om nie helder ligte aan te sit nie, aangesien dit die mis sal reflekteer. Gebruik eerder die dowwer of misligte.
Wees voorbereid op ryp, selfs al is dit selde hier in ons distrik. Dit maak die paaie glad en groter bestuurafstande is nodig. Rem sagter versigtig wanneer jy om draaie ry.
Hou in die algemeen by groter volgafstande.
Dagbreek is later en skemer vroeër met minder lig of selfs donker toestande. As jy nie outomaties jou kopligte aanskakel sodra jy in die motor klim nie, moet jy dit nou begin doen.
Om te verhoed dat die weerkaatsings of skerp lig in jou oë skyn, verander die gewone roetine en roete. Vertrek effens vroeër in die oggend of volg ander roetes indien nodig.
'n Gepolariseerde sonbril kan ook help.
Hou die voorruit skoon - dit sal baie help.
Stel die sitposisie sodat jy hoër sit.
Slaan die skaduvisier af voordat jy vertrek sodat jy nie skielik verblind word as jy om 'n hoek ry nie.
Moenie hoëglans-skoonmakers voor op die stuurpaneel gebruik nie.
Plekke in Suid-Afrika wat baie lae temperature ervaar, kan ys op die pad hê. Ry versigtig deur plekke waar dit mag voorkom, soos onder brûe. Leer wat om te doen as jy op ys beheer begin verloor.
Vermy die onkoste en selfs die tragedie wat kan gebeur as jy nie gereed is om te bestuur in die seisoenverandering nie. Dit neem net 'n paar veranderinge om voorbereid te wees en onthou: voorkoming is beter as genesing!
Source: MasterDrive
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'