MOTOR NUUS - Hier is 'n paar wenke oor hoe om in gure weer te bestuur:
Hael en sneeu
Wanneer hael en sneeu voorspel word, probeer om reëlings te tref om jou motor onderdak te hou en vertraag die reis totdat die storm oorgewaai het.
As jy reeds op reis is, soek na beskerming. Dit kan onderdakparkering, 'n vulstasie of 'n brug wees.
Wees egter versigtig waar jy stop sodat dit jou nie in groter gevaar plaas nie.
Moenie onder bome parkeer nie, aangesien daar 'n gevaar is van takke wat kan val. Bly in die motor totdat die storm verby is.
As daar nie 'n huis naby is nie, beweeg so gou na die kant van die pad as wat dit veilig is.
In 'n oop plek, is haelskade dalk onvermydelik, maar dit is veiliger as om deur 'n kwaai storm aan te hou ry.
Wanneer sigbaarheid swak is, is die pad ook glad en die motor kan gly in diep poele water en ys.
Om die voertuig te beskerm, kan 'n swaar kombers in die motor gehou word. Dit bied beskerm wat oor die enjinkap gegooi kan word om haelskade te voorkom.
Vloede
Probeer om nie in vloedtoestande te bestuur nie. Onthou dat kan net 15 cm van bewegende water jou van jou voete af kan spoel en dat 60 cm 'n hele voertuig kan wegvee.
Oor die algemeen, as die water gelyk is met die onderkant van die deur of 'n derde van die wiele, is dit nie raadsaam om daardeur te ry nie.
Blitsvloede vind dikwels plaas wanneer riviere oor laagliggende brûe vloei. Vermy dit om oor brûe of paaie langs riviere tydens swaar reën te ry.
As jy onverwags daarop afkom, skakel na die laagste moontlike rat en ry stadig verder.
As jy 'n stormwaterdrein te vinnig nader, neem die voet weg van die versneller en laat jou spoed geleidelik verminder. Moenie skielik rem nie, aangesien dit die motor kan laat gly.
As jy dalk vasgevang sou word in 'n voertuig, is dit dalk beter om die motor te verlaat en na hoër grond te klim. Dit is gevaarlik om uit die water na veiligheid te probeer ry.
Donderstorms, wind en weerlig
Maak seker dat enige dooie takke van bome by die huis verwyder word om die risiko van skade te verminder as 'n hewige storm sou losbars.
Onthou ook om rommel en blare uit die geute te verwyder.
Maak seker dat jou motor buite veilig gestoor of goed beskerm is.
As jy ry en sigbaarheid is te swak of die pad is te glad, stop eerder tot sig beter word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'