STILBAAI NUUS - Die vakansie is verby en jou huis lê vol wit olifante.
Wanneer die kuiergaste weg is en die groot opruim begin gaan jy heel moontlik met 'n wavrag goed sit wat net in jou pad gaan lê vir die res van 2025.
Maak dit bymekaar, pak dit en skenk dit vir Huis Stilbaai, want op Saterdag 5 April hou hulle basaar en die organiseerders is alreeds op soek na items vir die wit olifanttafel.
Die items kan by Huis Stilbaai in Perlemoenstraat 6 afgelaai word of anders kan jy hulle kontak en hulle kom haal dit by jou huis.
Maak skoon en maak 'n verskil.
Kontak Huis Stilbaai by 028 754 1560 vir enige navrae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’