STILBAAI NUUS - Die burgerregte-organisasie AfriForum se Hessequa-tak het, in samewerking met die Hessequa-munisipaliteit 'n skoonmaakaksie van stapel gestuur as deel van die organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog.
Lede van die Hessequa-tak en personeel van die munisipaliteit het op Maandag 23 Oktober die gebied tussen Jagersbosch-gemeenskapsorgsentrum en Palinggat, asook die wandelpad voor die pier vir vullis gefynkam en 15 sakke vullis opgetel.
"Ons is hier om 'n verskil te maak en nooi ander organisasies uit om saam te werk om 'n skoon omgewing te verseker.
Waar samewerking nie moontlik is nie, doen ons dit self," sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.
Stuur 'n e-pos na deon.dejager@afrifroum.co.za om by die plaaslike tak betrokke te raak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'