STILBAAI NUUS - Daar is geen liga verpligtinge vir die SWD Rugbyklubs in die topliga Saterdag 31 Mei nie, maar die liga word hervat Saterdag 7 Junie.
Hierdie loslootjie is net wat die spelers nodig het om te herstel van die stampe en stote en ligte beserings.
Alles is egter terug na normaal as Heidelberg gasheer speel vir Seagulls en Riversdal Blues vir Bridgton ontvang op 7 Junie.
Dit is 'n lang seisoen wat strek van April tot September en speler welstand is uiters belangrik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’