Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Beheerde brand wat Woensdagmiddag 16 November op die plaas van Willem Jordaan net buite Stilbaai in die Riethuiskraal-omgewing begin is, het weens die stormsterk wind buite beheer geraak en in 'n wegholbrand ontaard.
Brandweerspanne van Hessequa spook steeds om die vlamme, wat nou in die rigting van die R305 versprei het, onder beheer te bring.
Daar was tot dusver geen lewensverlies of enige beserings aan mens of dier nie en geen geboue of plaashuise is beskadig of het afgebrand nie.
VIDEO: Groot brand buite Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'