Update
HESSEQUA NUUS - Die afvuur van vuurwerke in die streek word slegs op Oujaarsaand tussen 23:00 en 00:30 by goedgekeurde persele toegelaat.
Geen vuurwerke sal op Gouritsmond en Jongensfontein toegelaat word nie.
"Die loslaat van Chinese lanterns word heeltemal verbied in terme van die toepaslike wetgewing," sê Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder vir Hessequa-munisipaliteit.
Toegelate plekke
• Riversdal: Riversdal-rugbyveld en Riverville-stadion.
• Stilbaai: Hawe vanaf die wit hekke in 'n oostelike rigting, ingesluit die strandgebied; Lappiesbaai vanaf die restaurant tot by die riviermond, blouvlagstrand-gebied uitgesluit.
• Melkhoutfontein: Speelpark in Ericalaan.
• Albertinia: 'Die Braak' (oos van Hornstraat en die sportvelde).
• Heidelberg: Heidelberg rugbyveld.
• Slangrivier: Sportterrein.
• Witsand: Parkeergebied by Anchorage Restaurant.
Persone wat vuurwerke op 'n nie-goedgekeurde perseel afvuur, sal met R1 000 beboet word soos per die betrokke wetgewing.
Die afvuur van vuurwerk sal noukeurig deur die verkeersdepartement gepolisieer word.
'We bring you the latest Riversdale, Hessequa news'