Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Oud-leerder van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool, Meagan Bruwitt Prins (29), lid van die Suid-Afikaanse Nasionale Weermag het nie vergeet wie haar gehelp het om daar te kom nie.
Sy het die afgelope naweek besoek by Riversdal-polisie afgelê om ao Hans Busch te bedank wat haar meer as 10 jaar gelede gehelp het om 'n soldaat te word.
"Sy het so pas 'n 10-jaar kontrak geteken en gaan binnekort vir 12 maande na die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van die Kongo. Sy is 'n rifleman of private," vertel Busch. Hy het 10 jaar gelede met die projek, in samewerking met die weermag begin, waarvan 105 leerders van Gerrit du Plessis tans in die weermag is.
"Ek het die projek gestop toe daar allerlei bewerings gemaak is dat ek partydig is. Dit is onwaar en ek het dit met die indiensnemingsdepartement van die weermag bespreek. Volgens hulle is dit tragies dat een persoon se nydigheid die oorsaak is dat so 'n goeie projek in die wiele gery word," sê hy.
Busch beplan om weer volgende jaar met so 'n projek betrokke te raak.
Vorige artikel: Vrouesoldaat sê dankie
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'