RIVERSDAL NUUS - ‘n Oud-leerder van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool, Meagan Bruwitt Prins (29), lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het nie vergeet wie haar gehelp het om daar te kom nie.
Sy het die afgelope naweek besoek by Riversdal-polisie afgelê om ao Hans Busch te bedank wat haar meer as 10 jaar gelede gehelp het om ‘n soldaat te word.
“Sy het so pas ‘n 10-jaar kontrak geteken en gaan binnekort vir 12 maande na die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van die Kongo. Sy is ‘n rifleman of private,” vertel Busch.
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'