RIVERSDAL NUUS - Southland Ministries het 'n vrouekonferensie Saterdag, 12 Februarie in Riversdal aangebied en vroue het sover as George gereis om dit by te woon.
"Die konferensie was baie geseënd en ons gee God al die eer daarvoor. Hou gerus die media dop vir toekomstige konferensies en byeenkomste," het past Bernard Pieters gesê.
Vir enige navrae kan hyself, of René Pieters (084 212 8000/southlandrevival@gmail.com) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'