Die vroue van Riversdal het hul tasse gepak, hul paspoorte gekry en op God vertrou vir die voorsiening om die 2012 'Daughters of Zion' vrouekonferensie en toer na Israel mee te maak.
God het reeds 'n paar weke terug vir twee vroue voorsien en Saterdag, 10 November - slegs twee ure voor die afsnytyd die R100,000 gegee vir die vier vroue wat in radikale onvoorwaardelike geloof nog op Hom gewag het.
Riversdal is trots op Annette en klein Migael Louw, Sharon Du Toit, Eunene Scholtz, Rene Pieters, Amanda Aucamp en Marlize van der Merwe wat tans in Israel is tot 23 November. Hulle het vir almal bewys om te glo en te vertrou in God lei tot wonderwerke in ons lewens! Vir God is alles moontlik...glo net met jou situasie of jou behoefte, en as dit binne Sy wil is...dan sal Hy altyd die deurbraak gee!
Al die eer, lof en aanbidding kom net God toe vir die groot wonderwerk! Dankie Riversdal dat julle ook saam gebid het en steeds saam bid vir die ses vroue en klein Migael Louw daar ver in Israel.
En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek. Hebr. 11:6.

Die ses vroue en klein Migael, oppad na Israel nadat 'n groot wonderwerk plaasgevind het, as gevolg van hul sterk geloof dat God sal voorsien. Hulle sal die 2012 'Daughters of Zion' vrouekonferensie bywoon in Israel tot 23 November.