STILBAAI NUUS - ‘n Vrou van Stilbaai is sedert Maandag, 1 Maart vermis.
Volgens inligting het Petra van Rooyen om 09:07 uit Stilbaai gery en nie vanoggend by haar werk opgedaag nie. Geen verskoning is ook gemaak nie.
Haar voertuig is ‘n blou Toyota Yaris met registrasienommer WYF787GP.
Enigiemand met inligting word gevra om met die ondersoekbeampte, sers Ludwig Schetner (028 754 6100) in verbinding te tree.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'