STILBAAI NUUS - ‘n 46-jarige vrou is in hegtenis geneem na sy vanmiddag in die parkeerterrein van Stilbaai Spar na bewering beheer oor haar voertuig verloor en teen drie ander voertuie gebots het.
Volgens kapt. Johan van Tonder van Stilbaai-polisie is ‘n klag van dronkbestuur teen die vrou gelê.
Niemand is beseer nie, maar die voertuie is erg beskadig.
Volgens Deona Aucamp, Suid-Kaap Forum se korrespondent op Stilbaai, het die lugsakke in die vrou se voertuig het ontplooi na sy die eerste voertuig getref het.
Sy het teen nog twee voertuie gebots voor sy teen ‘n boom tot stilstand gekom het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'