HEIDELBERG NUUS - Kersfees het vroeg vir sommige inwoners van dié dorp opgedaag toe 'n vragmotor ongeveer 'n kilometer buite die dorp op die N2 die pad verlaat en omgeslaan het.
Die voorval het Dinsdag 21 November omstreeks 11:00 plaasgevind.
Volgens 'n omstander wat die foto's aan die koerant gestuur het, is die bestuurder nie beseer nie en het hy langs die vragmotor gestaan.
Dit is egter nie bekend wat gebeur het nie.
Geen verdere inligting was teen spertyd beskikbaar nie.
Die vragmotor het produkte soos kaas, sappe en ander eetgoed vervoer.
Omstanders was vinnig op die toneel om te help 'opruim'.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'