Update
ALBERTINIA NUUS - ’n Stop-en-ry-stelsel is sedert 13:00 op die N2 by die Dekrietafdraai buite Albertinia ingestel.
Die vragmotor wat vroeër in die rigting van Riversdal omgeslaan het, is reeds verwyder, maar ’n storting van die vrag het plaasgevind en ’n gesondheidsinspekteur is tans op die toneel.
Opruimings- en veiligheidswerk duur steeds voort en vertragings word verwag.
Motoriste word versoek om geduldig te wees en instruksies van verkeersbeamptes te gehoorsaam. Groot buie reën in die gebied bemoeilik padtoestande verder.
Padgebruikers word gemaan om spoed te verminder, hoofligte aan te skakel en met uiterste versigtigheid te bestuur.
Vorige artikel: N2 by Dekrietafdraai tydelik gesluit na vragmotor-ongeluk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’