Video
ALBERTINIA NUUS - ’n Vragmotor het vroeër vanoggend op die N2 by die Dekrietafdraai buite Albertinia, in die rigting van Riversdal, omgeslaan.
Beide bane van die pad is tans deur die voertuig geblokkeer.
Nooddienste is reeds op die toneel en besig met opruimings- en veiligheidswerk. Motoriste word versoek om geduldig te wees totdat die toneel veilig verklaar en oopgestel word.
Groot buie reën val tans in die gebied, wat die padtoestande verder verswak en ’n verhoogde risiko vir padgebruikers inhou.
Motoriste word gemaan om hul spoed te verminder, hoofligte aan te skakel en met uiterste versigtigheid te bestuur.
Geen inligting oor beserings is teen druktyd beskikbaar nie.
Die publiek sal op hoogte gehou word soos meer besonderhede bekend raak.
Video: Onbekend
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’