STILBAAI NUUS - Die opgewondenheid was tasbaar in Stilbaai-rolbalklub se klubhuis toe 20 spanne opgedaag het vir die eerste sosiale liga rolbaltoernooi van 2025.
'n Paar van die ou gunstelinge het besluit om te rus, maar hulle is vervang met 'n paar nuwe gesigte, wat vinnig hulle voete sal moet vind tussen die ou hardebaarde.
Snipers het hulle naam en uitrusting vervang en hulle is nou Madagascar, maar dis op die baan waar hulle sal moet wys of dit 'n goeie idee was.
Vir die volgende paar Donderdagaande gaan die spanne mekaar goed opkeil op die baan, maar dit is in die klubhuis waar vriendskappe opgebou word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’