HESSEQUA NUUS - Ekonomieë en individue is almal onder druk tydens die pandemie en nakoming van veiligheidsmaatreëls sal jou lewe makliker maak.
Volgens die voorsitter van Stilbaai-sakekamer, Rachel Wall, sal die riglyne wat die Wes-Kaapse departement van gesondheid op hul webwerf beskikbaar gestel het, baie daarmee help.
Sy sê elke besigheid wat nou oop is, moet dié maatreëls nakom:
"Dis die beste manier om te verseker die negatiewe gevolge van grendeltyd word tot die minimum vir ons ekonomie en ons arbeidsmag beperk."
Die riglyne bied nie net inligting oor voorkoming van die verspreiding van Covid-19 in die werkplek nie, maar sit ook uiteen wat gedoen moet word indien 'n werknemer simptome toon of positief vir die virus toets.
Dit sluit onder meer in hoe om 'n risikobepaling in 'n werkplek uit te voer, hoe om risiko's vir 'n werknemer te bepaal, hoe om 'n werkprosedureplan op te stel, advies oor opleiding vir werknemers en raad oor die voorsiening van persoonlike beskermings-toerusting.
Die webwerf bied ook inligtingsmateriaal soos plakkate, kontrolelyste en plakkers wat vir persoonlike gebruik afgelaai kan word.
Die webadres is www.coronavirus.westerncape.gov.za/resources
Volgens Wall is die sakekamer gereed om alle besighede met raad by te staan.
- Intussen het Hessequa-munisipaliteit in 'n persverklaring gemaan dat oortreding van enige inperkingsmaatreëls nie net jou sak kan ruk nie, maar ook 'n lewenslange kriminele rekord tot gevolg kan hê: "Enige persoon wat 'n misdryf soos aangedui in die regulasies begaan, is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ses maande, of 'n boete én gevangenisstraf."
Indien 'n skulderkenning betaal word, sal dit as 'n vorige skuldigbevinding vir 10 jaar op die rekord reflekteer. Dit kan slegs geskrap word indien die hof oortuig kan word daar was geldige redes vir die oortreding. In geval die boete nie betaal word nie, moet die oortreder steeds op die datum soos aangedui op die J534-kennisgewing in die hof verskyn.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'