Update
STILBAAI NUUS - Die brand wat sedert gister buite Melkhoutfontein woed is nog nie geblus nie, maar die harde werk van die brandspanne en lugsteun was van groot waarde.
Dit het gelukkig nie oor die koppe tot by die huise gekom nie, maar die situasie word fyn dopgehou.
Brandspanne is in die veld en die lugsteun is op bystand by die lughawe in Stilbaai.
Die koel weer en ligte motreëntjie is ook 'n groot hulp en hopelik kom daar bietjie reën.
Die helikopter en vliegtuig wat gistermiddag onverpoos water gegooi het, het beslis die vuur van die huise af weggehou, terwyl die munisipaliteit groot stroke rondom huise wat in gevaar was ontbos het. Die rooipitjie staan dig in die omgewing en dit is brandstof vir enige vuur.
Die situasie word deurentyd gemonitor.
LEES MEER: Vuur by Stilbaai tans buite beheer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’