STILBAAI NUUS - ’n Brand by Melkhoutfontein naby Stilbaai woed tans onbeheers in moeilike terrein.
Gelukkig is daar tans geen huise in onmiddellike gevaar nie, maar brandweermanne waarsku dat veranderende windrigtings die situasie vinnig kan vererger.
Branweerpersoneel van Hessequa en die breër Tuinroete-streek is reeds op die toneel. ’n Helikopter gooi tans water oor die vuur, terwyl ’n bomwerpvliegtuig ook ontplooi word om te help met die bestryding van die brand.
Die publiek word vriendelik versoek om die gebied te vermy sodat nooddienste veilig en effektief kan werk.
Burgemeester Riddles bedank ook al die brandbestryders, noodpersoneel en vrywilligers wat help om die brand te bekamp.
Foto: Johan Victor
Foto: Facebook | Grant Riddles
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’