STILBAAI NUUS - Die stemlokale in Stilbaai en Melkhoutfontein was Woensdag geseën met vriendelike OVK personeel en geduldige kiesers wat van vroegoggend in rye staan en wag het om hulle kruisie te trek.
Oral waar mens gekom het was die kiesers in 'n goeie bui en het gestaan en ook gesit en gesels, meestal oor wat hulle uit die verkiesing wou hê.
In Melkhoutfontein het die ANC, DA en PA nie net in die stemlokaal gewedywer nie, maar buite het hulle stalletjies mekaar probeer uitoorlê met wie se musiek die hardste kan wees. Dit het natuurlik bygedra tot die lekker gees wat daar geheers het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’