Gallery Update Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die Hessequa-been van die 2019 Trans Enduro het op 4 Desember vanaf Stilbaai-hawe weggespring.
Die Enduro is sedert 1983 'n jaarlikse instelling vir studente van die Saldanha Militêre Akademie, om geld vir behoeftige gemeenskappe in te samel en goeie verhoudinge met burgerlikes te bou.
Die roete het op 29 November in Port Elizabeth begin en al langs die kus op beweeg om op 7 Desember in Saldanha te eindig.
Die jong offisiere is in nege spanne verdeel, waarvan drie aan langafstanditems deelgeneem het. Die kragbootspan het tussen 20 en 50 seemyl per dag afgelê, die fietsryers het 60 km per dag gery en die drawwers het 10 km per dag afgelê. Die spanne op land het donasies vir vooraf bepaalde instansies ingesamel. In Hessequa sal broodnodige opknappingswerk aan die Groenie die Drakie- rèche in Slangrivier gedoen word.
Kyk 'n video hieronder.
Die burgemeesters van elke munisipaliteit op die roete waar aangedoen word ontvang 'n welwillendheidsboodskap vanaf die vorige munisipaliteit en stuur op sy beurt 'n boodskap saam na die volgende punt. Rdl. Thinus van den Berg het die boodskap vanaf George se burgemeester in ontvangs geneem en Hessequa se boodskap aan die eenheid oorhandig.
Fotogalery: Trans Enduro op Stilbaai
In sy toespraak het die bevelvoerder van die Akademie, brig.-genl. Gerald Pharo, Stilbaaiers bedank vir die hartlike ontvangs wat die studente te beurt geval het. Daarna is die bote, fietsryers en drawwers deur 'n entoesiastiese groepie van Laerskool Bertie Barnard se kleuterskool en ander inwoners afgesien.
The annual Trans Enduro during which students of the military academy at Saldanha Bay collect money for specific charities, took place from 29 November to 7 December. On Wednesday morning 4 December the nine teams left Stilbaai harbour on the Hessequa leg of their trip over land and sea. Cllr. Thinus van den Berg handed the Hessequa letter of goodwill to exercise commander lt. J Z Phitlho.
Die studente wag vir die dag se verrigtinge om te begin. Foto's: Deona Aucamp
Leerders van Bertie Barnard-kleuterskool en ander Stilbaaiers het die drawwers en fietsryers afgesien.
Lees 'n vorige artikel: Uithou en aanhou vir 'n goeie doel
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'