STILBAAI NUUS - Dr. Deon Begemann en sy groepie kappers gaan Saterdagoggend, 9 Augustus, van 08:00 tot 10:00 die indringerplante op die oostelike deel van die riviermonding uitroei.
Hy moedig alle inwoners aan om te kom help met hierdie belangrike taak, want die rooipitjie verdring die inheemse plantegroei en dit kan nie toegelaat word nie.
Dra beskermende klere en bring jou eie saag om net twee ure van jou tyd te gee vir die beskerming van Stilbaai se pragtige inheemse plante.
Die groep kom by die ingang na die riviermonding bymekaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’