HEIDELBERG NUUS - Twee plaaslike mans, onderskeidelik 39 en 40 jaar oud, is agter tralies nadat hulle glo 'n jong ma van hier met 'n byl aangerand het.
Die slagoffer (33) en 'n ma van drie jong seuns is glo Sondagoggend 21 April per ambulans na die hospitaal in George vervoer en vroeg Maandagoggend per lugambulans na Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas met ernstige kopbeserings.
Sy het Dinsdagaand 'n suksesvolle operasie ondergaan en is volgens haar ma buite gevaar.
Die twee mans het Woensdag vlugtig in die hof op Swellendam verskyn.
Die saak is tot Maandag 29 April uitgestel waar hulle weer in Heidelberg-landroshof sal verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’