HEIDELBERG NUUSFLITS - Wat vir Gideon en Minkie Liebenberg ’n rustige en liefdevolle dag moes wees, het in ‘n tragedie verander toe hulle op Valentynsdag, 14 Februarie die tragiese nuus ontvang dat hul dogter, Joaline in die hospitaal in George gesterf het.
Die 30-jarige ma van twee het blykbaar van geelsug gesterf.
Honderde roubeklaers het Saterdag 24 Februarie die roudienste by die huis en Nuwe Apostoliese Kerk-Oos bygewoon. Die verassing vind later plaas.
Buiten haar ouers laat Joaline 'n dogter, Waydene (10), Lee-Wayden (twee maande), asook twee broers agter.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'