Update
RIVERSDAL NUUS - "Ek is so beïndruk deur die hoë gehalte van kunswerkvoorleggings deur ons Hessequa-tieners, die ryk en groot verskeidenheid jong, plaaslike talent is inspirerend. Ek is ook regtig trots om te sien dat ons natuurlike erfenis op soveel verskillende maniere verteenwoordig word.
Die beoordelaars moes streng fokus, aangesien die keuse van die wenkunswerke binne die verskillende kategorieë vanjaar 'n ongelooflike uitdaging was," sê Linda Fletcher, die volhoubaarheidsbestuur by die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (CGBR).
'n Span kundige beoordelaars het die 25 beste werke uit 'n uiteenlopende inskrywingspoel van nagenoeg 130 spontane werke deur die Hessequa-streek se tieners tussen 13 en 19 gekies.
Dié werk word op 23 en 24 Augustus by die burgersentrum in die dorp uitgestal.
"Die hoofdoel van dié kunskompetisie is om tieners bewus te maak van die omgewing se kulturele en natuurerfenis; veral dit wat bedreig en daarom gered en bewaar moet word.
Kingdom of Africa - deur Georgina Thornley (17), 'n leerder by Hoërskool Langenhoven, Riversdal.
Little People - 'n digitale illustrasie deur Monica Ferrer (15) van Stilbaai.
Daarom het CGBR, die hoofborg (wat R20 000 se prysgeld bewillig) dr. Wilhelm de Beer, 'n bioloog en natuurkundige, gewerf om insig oor die uitbeelding van bedreigde en indringerspesies tydens die beoordeling te verskaf.
De Beer sê: Wat my as bioloog werklik beïndruk het, is dat ons daarin geslaag het om jong kunstenaars te begeester om na die natuur as hul bron van inspirasie te kyk, spesifiek na die inheemse spesies uit ons area. Die algehele wenkunswerk is 'n perfekte voorbeeld van iemand wat navorsing gedoen het oor al die inheemse plantspesies van die area en dit op 'n kreatiewe manier uitgebeeld het. Dit is presies wat ons wou bereik; om ons tieners aan te moedig om die omgewing waarin hulle woon te ervaar, te waardeer en te verstaan."
Die grafiese kunstenaar Riëtte Error was aangenaam verras met die gehalte van die inskrywings.
"Ek is verbaas oor die wonderlike talent wat in Hessequa versteek is. Van potloodsketse, verf op doek, pasteltekeninge tot 'n collage en selfs 'n digitale skildery. Ek is steeds in verwondering oor die kunswerke wat geskep is!"
Die beoordelaars het eenparig oor die 25 wenners besin en goedgekeur ten einde aan die volhoubare betekenis van dié projek te voldoen.
Die wenners in die verskillende kategorieë word vanaand om 18:00 bekendgemaak.
Hessequa Medley - ‘n collage deur Rivkah van der Merwe (19) van Riversdal.
Kalkoentjie - deur Hilé du Plessis (19) van Heidelberg, 'n leerder by Hoërskool Langenhoven.
Toeka tot nou - deur Yuané Adams (14), ‘n leerder by Gerrit du Plessis Senior Sekondêr, Riversdal.
Toeka tot nou - deur Yuané Adams (14), 'n leerder by Gerrit du Plessis Senior Sekondêr, Riversdal.
Vorige artikel: Inheems-natuur begeester
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’