Update
STILBAAI NUUS - Net meer as 'n week ná 'n intieme funksie vir Albertus Scholtz van Stilbaai om sy hartoorplanting van presies 25 jaar te herdenk, is hy op Maandag 2 Julie skielik oorlede.
Dit was 22 Junie vanjaar presies 25 jaar gelede dat Albertus 'n hartoorplanting in die Grootte Schuur-hospitaal ondergaan het. Hy was een van die persone in die land wat die langste met sy nuwe hart geleef het. Hy was 73 toe hy oorlede is.
Albertus het ook kanker gehad en sou binne enkele dae 'n veloorplanting op sy skedel ontvang het.
Sy seun, Ignatius, kon nie die funksie bywoon nie omdat hy by sy skoonfamilie in Rusland gekuier het.
Hy laat sy vrou, Jeannie, agter met wie hy 43 jaar getroud was, sy seun Ignatius, skoondogter Anastasia en hul jong seun.
Albertus se roudiens is uitgestel sodat Ignatius dit ook kan bywoon en vind Saterdag 21 Julie om 10:00 by die AGS Lofdal in Stilbaai plaas.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'