STILBAAI NUUS - Die passievolle lede van die Stilbaai Filatelievereniging maak posseëls weer lewendig.
Hulle kom elke eerste Dinsdagmiddag van die maand bymekaar en dan word daar kopstukke gesels oor posseëls, eerstedag koeverte en sommer enigiets rondom filatelie.
Wanneer hulle bymekaarkom is daar mini-uitstallings en oor 'n koppie koffie en 'n eetdingetjie bespreek hulle dan elkeen se uitstalling en die idee is gladnie om te kritiseer nie, maar om te leer.
Daar word ook onderling seëls uitgeruil en selfs verkoop sodat almal kan baat by die vereniging.
Enigeen is welkom om deel te word van die vereniging, al het jy nog nooit seëls versamel nie.
Skakel die voorsitter, Karel Nel, by 082 414 4881 of dan vir Fred Meyer by 083 676 1379 om meer uit te vind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’