STILBAAI NUUS - Nadat Clifton Donald van die Stilbaai Coastal Cleanup vrywilligers 'n beroep gedoen het vir 'n skoonmaak aksie het 13 inwoners opgedaag.
Binne 'n uur het hulle 30 vullissakke se rommel, wat klere en komberse insluit, opgetel op die kaal stuk erf van die munisipaliteit agter die poskantoor.
Dit is mense wat omgee wat die munisipaliteit se hand sterk en help om Stilbaai rommelvry te hou.
Help hierdie vrywilligers deur nie komberse en klere aan die haweloses te gee nie, maar verwys hulle eerder na organisasies soos Badisa vir hulp en bystand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’