STILBAAI NUUS - Stilbaai se verkeer is nog nie van so 'n aard dat hier verkeersligte moet wees nie, maar die stopstrate is lewensgevaarlik.
Volgens Suid-Afrikaanse wetgewing is dit verpligtend vir 'n motoris om te stop by 'n stopstraat, te kyk of dit veilig is en dan verder te ry.
In Stilbaai is dit egter vir baie motoriste slegs 'n toegeeteken, want dit gaan hulle mos nou verontrief as hulle moet stop.
Vir ander is stop slegs die afkorting vir so trap ons petrol.
Moenie 'n fout maak nie, daar is diegene wat nog respek het vir hulle medemens en getrou stop by 'n stopstraat, maar dan word hulle aangekyk asof hulle die wet oortree.
Miskien is dit tyd dat elke inwoner en vakansieganger net gaan terugsit en dink aan die gevolge as hy/sy iemand se lewe kortknip.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’