STILBAAI NUUS - Lede van die plaaslike rolbalklub het Saterdag 6 April meer oor die werksaamhede van KANSA te wete gekom.
Marlene Erasmus, KANSA-verteenwoordiger op dié kusdorp, het by die klub besoek afgelê en die spelers ook oor die gevare en skade van sonblootstelling sonder behoorlike beskerming ingelig.
Die lede het op versoek van rolballid Ria Kruger, wat ook 'n Kansa-toktokkie is, mildelik bygedra en R2 600 is ingesamel.
Erasmus het namens KANSA haar opregte dank uitgespreek vir hulle positiewe steun en bydrae.
Van links: Mariana van der Walt (klubpresident), Marlene Erasmus en Ria Kruger.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'