STILBAAI NUUS - Die kinders van die Stilbaai Kindersentrum het Woensdagmiddag 11 September 'n rooi essenhoutboom geplant ter viering van boomplantmaand.
Die hoof van die sentrum, Zelda Cronjé, sê al die ouers en ook die personeel het bygedra om die boom, wat reeds sowat twee meter hoog staan, aan te koop.
Sheryldene Tarentaal van Stilbaai-biblioteek het 'n lekker interaktiewe praatjie gelewer oor die belangrikheid en doel van bome en die kinders het entoesiasties deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’