Update
STILBAAI NUUS - Die aankondigings is gedoen en die stemmery is afgehandel vir die Wes-Kaapse besigheidsorganisasie, AHI (Afrikaanse Handels Instituut) se jaarlikse toekenning.
Die wenners word Vrydag, 12 November aangewys en Stilbaai-besighede is in nie minder nie as vier kategorië benoem, 'n uitsonderlike prestasie.
Stilbaai-sakekamer is een van die finaliste in die sakekamer van die jaar-kategorie en ding mee teen Ceres-sakekamer en die George Business Chamber. Stilbaai was in 2019 die sakekamer van die jaar en hulle hoop om hierdie prestasie te herhaal.
In die kategorie beginner klein besigheid van die jaar is Basil & Biltong van Stilbaai 'n finalis en ding mee teen ParkShare en LeesLisa.
Car Care Clinic van Stilbaai ding mee teen LHM Couriers en SM Architectural and Townplanning Services in die klein besigheid van die jaar-kategorie.
In die mees innoverende gasvryheidsbesigheid van die jaar is al die finaliste van Stilbaai, naamlik Sterrehemel Cafè & Restobar, Coffee & Cream en Allegaartjie.
Dit wys weer eens dat Stilbaai se besighede nie hoef terug te staan vir enigiemand in die Wes-Kaap nie en in baie opsigte leiers is op hulle gebied.
VORIGE ARTIKEL: Stilbaai skitter in AHI-toekennings
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'