MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die massa-sterilisasie vir honde en katte wat Vrydag 7 Februarie in Melkhoutfontein plaasgevind het, is goed ondersteun.
Die projek is deur Cars (Community Animal Rescue Society) met ondersteuning van Still Bay Animal Protection (SBAP) in die gemeenskapsaal gedoen.
Dr. Annelize Roos van die gemeenskapsveeartskliniek, Enviro Vet, het die operasies uitgevoer. Volgens Cars-voorsitter Sandra Lotz is 17 wyfiekatte, 3 mannetjieskatte, 16 tewe en 19 reuns gesteriliseer.
Elke pasiënt is na die operasie met groot sorg deur vrywilligers van Cars en SBAP verpleeg.
Lotz bedank almal wat bygedra het, hetsy dit finansieel of met hul tyd was. Munisipale finansiering is nie genoeg om sterilisasieklinieke in die hele Hessequa-streek aan te bied nie en hulle is baie afhanklik van donasies uit die gemeenskap.
Die ‘herstelkamer’. Foto: Deona Aucamp
’n Operasie aan die gang. Foto: Deona Aucamp
Lees 'n vorige artikel: Laat jou troeteldier gratis steriliseer
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'