Update
STILBAAI NUUSFLITS - Stefan se pa was kort na 05:00 weer opgemerk waar hy op ‘n bootjie die soektog na sy seun voortgesit het.
Kort daarna het familie en vriende opgedaag.
Die NSRI se duikers het ongeveer 07:15 opgedaag en die polisieduikers sowat ‘n kwartier later.
Mnr. Andre Latsky, Oakdale skoolhoof en Hessequa-burgemeester Grant Riddles is ook op die toneel by Lapskuit, vanwaar die duikers sal werk.
‘n Gebed voor die duikers gaan begin met die soektog.
Familie en vriende het vroeg opgedaag om vir Stefan te soek.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL & FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'