Gallery Update
STILBAAI NUUS - NSRI Stasie 31 het Saterdag 22 Julie die organisasie se 50ste bestaansjaar gevier.
Vroegoggend is die 'Waterwise program for kids under 14' aangebied, gevolg met 'n land- en wateroefening.
'n Uitstalling oor die stasie se werksaamhede het besoekers se aandag gelok. Stilbaai NSRI bestaan nou 10-jaar en het 'n lang pad geloop om te wees waar hul vandag 'n eersteklas diens aan die gemeenskap en publiek lewer. Die opedag is die aand met 'n gesellige funksie in die Stilbaai Hengelklubsaal afgesluit.
Die NSRI is in 1967 gestig na 17 vissermanne in die see by Stilbaai verdrink toe drie vissersbote in 'n storm gesink het. Pattie Price het die inisiatief agter die stigting gedryf. Sy is deur die Royal National Lifeboat Institute, die Verenigde Koningkryk se weergawe van die NSRI, na 'n voorval in die Engelse kanaal gered.
Hierna het sy per brief haar missie werklikheid gemaak en is die South-Africa In Shore Rescue Service gestalte gegee. Die eerste reddingsboot was 'n 4.7m opblaasboot met die naam Snoopy.
Oud en nuwe vrywilligers van Stilbaai NSRI, Stasie 31.
Die boot is deur die Society of Master Mariners aan die basis geskenk. Kort hierna is die organisasie se naam na die National Sea Rescue Institute verander.
Die NSRI het sedert sy ontstaan gegroei en het vandag 'n bedryfskoste van R73.4 miljoen. Die eerste stasie is op Bakoven in Kampsbaai gevestig. Vandag het die hulle 96 vaartuie wat onder die 35 stasies langs die Suid-Afrikaanse kus versprei is. Meer as 'n 1 000 vrywilligers betrokke.
Lees 'n vorige artikel hier: Nsri herdenk stasie 31 se 50 jaar
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'