HESSEQUA NUUS - Die 16 mm reën wat die vorige week in die Riversdal-distrik uitgesak het, het verseker dat die vlak van die Korentepoortdam op 83,7% gebly het.
Die afgelope maand is 94,5 mm reën in die Riversdal-distrik gemeet.
Die Duivenhoksdam het ook met bykans 3% tot 77,9% gesak, Die vlakke van Olive Grove en Jongensfontein het konstant gebly.
Die jongste stand van damme:
25 Maart
Korentepoortdam - 83,5%
Duivenhoksdam - 80,2%
Olive Grove - 90%
Jongensfonteindam - 100%
2 April
Korentepoortdam - 83,7%
Duivenhoksdam - 77,9%
Olive Grove - 90%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’