HESSEQUA NUUS - Ten spyte van 39mm reën wat verlede week in die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se opvanggebied gemeet is, het dié damvlak met 'n verdere 1% gedaal.
Die Duivenhoksdam in Heidelberg en die Olive Grovedam in Stilbaai het ook beide drasties gesak met onderskeidelik 5% en 13% in dieselfde tydperk.
Strenger waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek en inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik.
Damvlakke in die Mosselbaai-streek het effens teruggesak behalwe die Ernest Robertsondam wat 1,07% gestyg het.
Die stand van damme is soos volg:
14 Februarie
- Korentepoortdam - 87%
- Duivenhoksdam - 88,4%
- Olive Grovedam - 93%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 6,98%
- Klipheuweldam - 25,59%
- Ernest Robertsondam - 95,93%
- Wolwedansdam - 91,31%
21 Februarie
- Korentepoortdam - 86%
- Duivenhoksdam - 83%
- Olive Grovedam -80%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 6,89%
- Klipheuweldam - 23,73%
- Ernest Robertsondam - 97%
- Wolwedansdam - 90,42%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'