ALBERTINIA NUUS - Die wakker optrede van sersant Dan Cikoza van die polisie in Albertinia het gelei tot die arrestasie van 'n 28-jarige man vir die handel in Mandrax.
Sersant Cikoza het inligting opgevolg toe hy die man Woensdag 2 Oktober op die N2 betrap het met 121 Mandrax tablette en 275 gram dagga.
Die verdagte is in aanhouding en het Donderdag 3 Oktober in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’