Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die vier graad R-klasse van De Waalville Primêre skool op Heidelberg is Vrydag 2 Augustus aan moontlike loopbaankeuses voorgestel.
Hulle is deur departementshoof Shalmay Meyers en bibliotekaris Volenté Hoogbaard by Duivenhoks biblioteek toegespreek oor die belangrikheid van loopbaankeuses en lees.
Die kleuters en personeel het hul in verskeie loopbane se drag uitgedos, soos verpleegsters, ambulanspraktisyns, skrynwerkers, polisie, arbeiders en dansers.
Meyers het hulle daarop gewys dat hulle toegewyd in hul studies moet wees as hulle suksesvolle loopbane wil nastreef. Sy het hulle ook aangepor om toegewyd te wees in hul skoolloopbaan en ook gemaan dat dit nie alles maanskyn en rose sal wees nie, maar daar sal tye wees dat hulle sal moet vasbyt om bo uit te styg.
Hoogbaard het die belangrikheid van lees uitgestippel en hulle aangemoedig om by die biblioteek aan te sluit om sodoende ’n liefde vir lees aan te kweek.
Die leerders luister aandagtig na Shalmay Meyers, departementshoof, terwyl Volenté Hoogbaard, bibliotekaris (heel links met vier opvoeders agter), ’n ogie oor die verrigtinge hou.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'