STILBAAI NUUS - Die nuwe skooljaar begin Woensdag 15 Januarie en die skole in Stilbaai en Melkhoutfontein sê hulle is slaggereed om die nuwe graad een's te ontvang.
Volgens Reginald Baker, onder-hoof by Melkhoutfontein is hulle gerat en gereed vir die nuwe leerders en teen Dinsdagoggend 14 Januarie het hulle alreeds 47 inskrywings van nuwe graad een's gehad.
Dit is min of meer dieselfde as in 2024 en hulle voorsien geen probleme met plek nie.
Nicky Deetlefs, skoolhoof van Laerskool Bertie Barnard sê dat hulle 43 inskrywings het, met 'n moontlikheid van nog twee, wat 'n bietjie meer is as 2024.
Albei sê egter dat hierdie getalle nog kan verander teen Woensdagoggend, maar hulle het nie nodig gehad om te spartel vir plek nie alhoewel Bertie Barnard se skoolgronde te klein raak vir die aantal leerders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’