Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Dis Lente en twee Suid-Kaap Forum-personeellede, Carol Prins en Nicole Murray, is met hul aankoms by die kantoor vanoggend elk met 'n blommetjie verwelkom.
Hulle is dit eens dat Lentedag soos 'n tweede Valentynsdag is en die mans hulle vroue moet bederf op hierdie besonderse dag.
Met die wêreld wat weens die Covid-19 pandemie die mooi in die lewe vergeet en verloor het, kan ons vandag begin om die wonde te genees - en dit met 'n blommetjie.
Stuur vir ons julle Lentedag foto's en videos, of lewer kommentaar in die kommentaar gleuf hier onder.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'