Update
STILBAAI NUUS - OK Foods Stilbaai en Jagersbosch span saam om Jagersbosch se finansies te laat klop.
Indien jy 'n OK Foods-lojaliteitskaart het, kan jy nou jou punte aan Jagers-bosch gemeenskapsorgsentrum skenk. Die punte word deur Jagersbosch gebruik om aankope te doen vir die etes van Jagersbosch-lede.
Indien jy nog nie 'n lojaliteitskaart het nie kan jy aansoek doen by die kiosk in OK Foods Stilbaai.
Om jou punte te skenk kan jy aandoen by die kiosk in OK Foods of alternatiewelik by Jagersbosch se kantoor.
Aangesien die regering Jagersbosch se subsidie geweldig gesny het, gaan hulle gebuk onder die nimmereindigende finansiële druk en elke sent help hulle om die boeke te laat klop.
Hierdie is 'n gulde geleentheid om te help sonder dat jy jou beursie hoef uit te haal.
Jagersbosch wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om OK Foods Stilbaai te bedank vir hierdie inisiatief en dan ook elkeen wat op hierdie manier 'n bydrae maak hartlik te bedank.
Reneè Pellissier en Karen Postma wag in OK Foods Stilbaai vir belang-stellendes om hulle lojaliteitspunte aan Jagersbosch te skenk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’